diamonds-loose

Die sakeregtewaghond AfriSake en die Suid-Afrikaanse Diamantprodusenteorganisasie (SADPO) het in 2016 saam ’n oorwinning in die Noord-Gautengse hoë hof behaal deur die omstrede artikel 20A van die Wet op Diamante, 1986 (wetno. 56 van 1986) ongrondwetlik te laat verklaar. Hierdie bevel moet egter op 11 Mei 2017 in die Konstitusionele Hof bekragtig word.

 

Dié omstrede wetsartikel verbied lisensiehouers om ongeslypte diamante op enige ander plek as by geregistreerde Suid-Afrikaanse diamantruil- en uitvoersentrums te verkoop. Artikels 22 en 25 van die Grondwet, wat beskerming op die vryheid van handel en eiendomsreg bied, het betrekking.

 

Datum:           11 Mei 2017

 

Tyd:                10:00

 

Plek:               Konstitusionele Hof

 

Hospitalstraat 1
Constitution Hill

Braamfontein

2017