Kieslys
afrisake-5mil
afrisake-5mil
international_tax_GSA_2015

Skrapping van vrystelling op buitelandse inkomste het onvoorsiene gevolge

Posted on in Artikels

KAN BELASTINGINVORDERING NADELIG RAAK

Deur: Amanda Visser

Verskeie organisasies en Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland werk, het gewaarsku dat die voorgestelde skrapping van die belastingvrystelling op buitelandse inkomste onvoorsiene gevolge gaan inhou. Patricia Williams, vennoot by die regsfirma Bowmans, maan dat dié skrapping waarskynlik net laer- tot middelinkomsteverdieners gaan raak. Dit kan boonop belastinginvordering nadelig raak.

0G0A7173

Maak jou grond onaanloklik

Posted on in Artikels

0G0A7173

ʼn Handleiding om jou eiendomsreg deur middel van diversifikasie te beskerm

 

ʼn Handleiding om jou eiendomsreg deur middel van diversifikasie te beskerm. Hierdie handleiding bied opsies vir die oorweging om jou saaklike regte in verband met landbougrond te diversifiseer en sodoende jou eiendom teen moontlike staatsonteiening te beskerm.

AfriSake

Wat sê die wet van grondeise en grondgrype?

Posted on in Artikels

Grondeise

  •  Word geïnisieer in terme van die Wet op die Herstel van Grondregte, 1994 (wetno. 22 van 1994).
  • Is ’n wettige proses in terme van artikel 25(7) van die Grondwet.
  • ’n Individu of verteenwoordiger van ’n groep stel ’n grondeis in.
  • Die eis se geldigheid word deur die grondeisekommissie bepaal.
  • Die kommissie dryf die saak vir en namens die eisers.
  • Die kommissie inspekteer eiendom wat geëis word om die bestaan van grafte en/of strukture te bepaal.
  • Dit word as ’n misdryf beskou indien ’n grondeienaar die kommissie verhoed om sodanige inspeksie te voltooi.
  • Na gelang van inspeksie word bepaal of die eis wel meriete het al dan nie.
  • Indien die eis as geldig beskou word, word dit in die Staatskoerant geadverteer en ’n kennisgewing word aan die grondeienaar oorhandig.
  • Verdere navorsing en ondersoek tot die eis word dan gedoen.
  • Die grondeienaar word geleentheid gegun om besware aan te meld en bewyse in te dien.
  • Die identiteit van eisers word dan geverifieer en bevestig.
  • Onderhandelings met die grondeienaar word bewerkstellig om grond óf met vergoeding te bekom, óf om bloot kompensasie aan eisers oor te betaal indien hulle nie grond wil hê nie.
  • Indien grondeienaars ’n eis wil teenstaan waar grond bekom wil word, sal die saak na die grondeisehof verwys word.
  • Nadat ’n hof ’n finale besluit aangaande vergoeding en die geldigheid van ’n eis bepaal het, sal die finale bevel bekragtig word en bindend wees op die partye.

Legal_Ch5_Pt4_Bringing_a_Contract_to_an_end

Nuwe rade gaan kontrakte hersien

Posted on in Artikels

Legal_Ch5_Pt4_Bringing_a_Contract_to_an_end

 

“Eerbare sakelui het niks te vrees nie”

Na die munisipale verkiesing is ‘n groot aantal munisipaliteite onder ‘n nuwe bewind.

0G0A6517

AfriSake: Van sakeregtewaghond tot sakeregtereus

Posted on in Artikels

AfriSake is goed op pad om teen die einde van die jaar sy mikpunt van 10 000 lede te bereik en maak reeds ‘n duidelike verskil in sy Suid-Afrika se sakeomgewing.

 

Die ledetal het vanjaar ongelooflik gegroei en staan tans op 6534 betalende lede, wat uit sakelui en maatskappye bestaan.

lig

Word jou onderneming se kragrekening gelaai?

Posted on in Artikels

Sakelui wat ruimte in kantoorblokke of winkelsentrums huur, se kragrekenings word dikwels gelaai deur herverkopers van elektrisiteit.

Herverkopers was tot dusver ongereguleerd, maar die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het pas riglyne bekend gemaak as ‘n eerste stap om die bedryf te reguleer. Die riglyne stel dit duidelik dat verbruikers onregmatige oorverhalings deur siviele regsaksie kan verhaal.

15468283-cv-curriculum-vitae-concetto-di-tag-cloud-parola-su-sfondo-bianco

AfriSake pos – Arbeidsregspesialis

Posted on in Artikels

Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie, ’n LLB-graad, vyf jaar ondervinding in die betrokke veld en bestuurservaring.

Posverantwoordelikhede sluit in: die vestiging en bestuur van ’n arbeidsregadvieseenheid vir AfriSake; die verskaffing van advies; die opstel van skrywes namens lede; die byhou van statistiek oor arbeidsregtelike advies; die verkryging van mandate van lede vir gebruik deur regsbeamptes; en die lewering van skriftelike regsadvies aan lede en in gedrukte en elektroniese media. Die pos vereis uitstekende bestuurs- en kommunikasievaardighede.

IMG_6224

70%-aandeelhouding en R100 miljoen-bydrae

Posted on in Artikels

Francois van Niekerk, medestigter van Atterbury, het op 22 April 2016 as gasspreker by ons sakeontbyt in Pretoria opgetree. Die gesprek het gehandel oor sy nuwe boek “Doing business with purpose”. Die vol saal van sakemanne en -vroue het aan sy lippe gehang.

farmworkers_1227834a

OnteieningsWetsontwerp: Is jou plaaswerkers uitgelewer?

Posted on in Artikels

Die voorgestelde Onteieningswetsontwerp wat voor die einde van die jaar op die Wetboek geplaas kan word, is minder rooskleurig vir plaaswerkers en plaasbewoners as wat dit op die oog af lyk.

Dit is die mening van dr. Anthea Jeffery, hoof: Beleidsnavorsing by die Instituut vir Rassebetrekkinge.

court-hammer

Verskille en ooreenkomste tussen die Onteieningswet van 1975 en die nuwe wetsontwerp van 2015

Posted on in Artikels

Volle name:    Onteieningswet 63 van 1975 (ou wet)

                        Onteieningswetsontwerp 2015 (nuwe wet)

1)         Definisies van eiendom:

Ou wet:           Beide roerende en onroerende eiendom.

Nuwe wet:       Eiendom soos bedoel in artikel 25 van die Grondwet (nie net beperk tot grond nie, dus ook roerende en onroerende eiendom).

2)         Openbare belang en openbare doel:

Die ekonomie druk: hoe nou gemaak met eiendom?

Posted on in Artikels

Die Reserwebank het onlangs die repokoers met 0.5 persentasiepunte verhoog – die tweede verhoging in enkele maande – en verdere verhogings word in die vooruitsig gestel.

Ekonomiese groei is aan die verlangsaam en die moontlikheid van ʼn resessie word nie meer uitgesluit nie.

budget

Begrotingsrede 2016: wat jy kan verwag

Posted on in Artikels

budget

Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat Suid-Afrika tans een van die uitdagendste tydperke sedert die draai van die millennium in die gesig staar met inagneming van die begrotingsrede wat Pravin Gordhan, minister van finansies, eersdaags gaan lewer.

this-land-is-our-land-2_tn_390x250

ANC se onteieningswet sal Suid-Afrika vernietig

Posted on in Artikels

this-land-is-our-land-2_tn_390x250

 

Vandag, presies 26 jaar ná die vrylating van Nelson Mandela, staar landsburgers die grootste enkele bedreiging vir hul mense- en ekonomiese regte in die gesig. Dít was die reaksie van Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof AfriSake, nadat die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke die nuwe onteieningswet aanvaar het.

Agriculture-Images

AfriSake lewer kommentaar op nuwe BBSEB-kodes vir die landboubedryf

Posted on in Artikels

Agriculture-Images

AfriSake is trots om aan te kondig dat die organisasie namens sy lede en ander belanghebbendes in die landboubedryf op die konsep-AgriBEE-sektorkodes kommentaar gelewer het. Die konsepsektorkodes is op 20 November 2015 deur dr. Rob Davies, die minister vir handel en nywerheid, in die staatskoerant gepubliseer.

World Economic Forum on Africa 2009

Afrikaners is nie gronddiewe nie – AfriSake

Posted on in Artikels

World Economic Forum on Africa 2009

“Indien u poog om ʼn groep mense wat nie eers 8% van die bevolking uitmaak nie, van diefstal te beskuldig, dan is u ʼn baie desperate man, mnr. Jacob Zuma.” Dit is die mening van Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake.

media

Eskom kan verhoging van tot 17% in 2016 eis – AfriSake

Posted on in Artikels

Eskom vry na ’n moontlike elektrisiteittariefverhoging van tot soveel as 17% in 2016 – ’n moontlike besluit wat Suid Afrikaners laat rooi sien.

o-MONEY-MEDICINE-facebook

Belastingbetalers sal na verwagting NGV finansier

Posted on in Artikels

o-MONEY-MEDICINE-facebook

 

Belastingbetalers in Suid-Afrika staar die nare vooruitsig in die gesig om binnekort minstens drie tipes belasting vir mediese dienste op te dok.

artikels

Swart ekonomiese bemagtiging-kodes bedreig sake-omgewing op groot skaal

Posted on in Artikels

Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is ’n enorme bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomie en ’n groot afskrikmiddel vir potensiële beleggers.

artikels

Kragtariewe: Wat lê voor?

Posted on in Artikels

Een van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se belangrikste mikpunte ten opsigte van kragtariewe, is voorspelbaarheid – om verbruikers sekerheid te gee oor die koers waarin tariewe beweeg, sodat hulle dienooreenskomstig kan beplan en begroot.

artikels

Is daar deflasie in Suid-Afrika?

Posted on in Artikels
Deur Russell Lamberti, Hoofstrateeg: ETM Analytics

Die olieprysverrassing

Die olieprys het vinnig gedaal van sy mid-2014-hoogtepunt van $115 per vat na net onder $50 per vat in Januarie 2015. Hierdie dramatiese 60%-daling het wêreldmarkte geskud en ʼn klomp relatiewe wenners (olieverbruikers) en verloorders (olieprodusente) agtergelaat. Die daling van die olieprys het ook ʼn verwagting van deflasie (ʼn algemene afname in pryse) geskep.

artikels

Wat jy dié kwartaal van die SA-ekonomie moet weet

Posted on in Artikels

Wat jy dié kwartaal van die SA-ekonomie moet weet

Deur Rob Price, Markstrateeg: ETM Analytics



Grafiek vir die kwartaal

artikels

Krisisberaad van die Solidariteit Beweging op 5 Mei 2015.

Posted on in Artikels

Krisisberaad van die Solidariteit Beweging op 5 Mei 2015.

AfriSake en ander Afrikaanse organisasies het ‘n uitnodiging van die Solidariteit Beweging ontvang. Hulle hou ’n krisisberaad op Dinsdag 5 Mei 2015. Die doel van die beraad is om te besin oor die groeiende krisis in die land en hoe die uitwerking daarvan op ons lede en ons gemeenskap hanteer moet word.

artikels

Organisasie wil eie mense bemagtig

Posted on in Artikels

Rapport – 13/11/2011   

                                                                              

Hennie Duvenhage

Pretoria. – “Belê in die toekoms” is die leuse van die nuutgestigte organisasie AfriSake, wat Vrydag aan meer as 300 prominente Afrikaanse sakelui van oral oor Suid-Afrika bekend gestel is.

artikels

Revealing the Master Plan – What the ANC has in store for South Africa

Posted on in Artikels

Revealing the Master Plan – What the ANC has in store for South Africa

artikels

Sakelui behoort steun vir NOP te heroorweeg

Posted on in Artikels

NDP2Sedert die bekendstelling van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) is daar al uit baie oorde steun aan die dokument toegesê. Vanuit die sakesektor spesifiek is die plan met redelik baie opgewondenheid en entoesiasme verwelkom – die Nasionale Beplanningskommissie het immers sakevriendelik bly voorkom. Soos wat Suid-Afrikaners intussen egter deur die 480-bladsy dokument gelees het, het die wenkbroue begin lig oor die omvattende regeringsinmenging wat daarin voorgestel word.

artikels

Die rand, vervaardiging en handel

Posted on in Artikels

Voorstanders van randswakheid was die afgelope maande verheug oor die geldeenheid se swakheid, aangesien hulle glo dat dit die vervaardiging- en uitvoersektor ʼn hupstoot sal gee. Maar word die volume van vervaardigingsuitset werklik deur ʼn swak rand aangehelp? Wat sê die data hieroor? Ons het ondersoek ingestel na onlangse vervaardigingsuitsetsiklusdata gedurende tydperke van randswakheid.

artikels

Afrika: Die volgende groot opbloei-afswaai-siklus?

Posted on in Artikels

Deur Chris Becker

Met dié dat Westerse ekonomieë al dieper in die moeilikheid raak ná dekades se onbeheerste en aftakelende monetêre inflasie en skuldakkumulasie, is winshonger beleggers besig om reële kapitaal in die enkele industrieel onontginde kontinent in die wêreld in te pomp: Afrika. Die probleem is dat daar nie industrieë in Afrika in beweeg en hier gevestig word nie. Dit is eerder polities-beheerde kapitaal wat in die Afrika-hulpbronsektor invloei wat tans die sterkste verbruikersopbloei in die wêreld voortstu en finansier. Dit is ‘n kopersfinansieringsmodel vir Asië, en dit wys vooruit op ‘n grootskaalse opbloei-afswaai-siklus vir die kontinent se ekonomie.

artikels

Dis nie SEB as jy nie beheer oor jou onderneming verloor nie

Posted on in Artikels

Deur Piet le Roux

Die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB, oftewel Broad-based Black Economic Empowerment) wat verbruikersgeleide kapitaaltoedeling in Suid-Afrika met politiesgeleidekapitaaltoedeling vervang, is nou reeds ʼn dekade van krag. By ʼn onlangse New Age-ontbyt het die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, aangekondig dat die gewysigde en verskerpte BBSEB-wet en BBSEB-kodes binnekort gepromulgeer sal word.

artikels

Kleinsake-georiënteerde begroting sal ekonomie laat groei

Posted on in Artikels

Die enigste oplossing vir Suid Afrika se ekonomiese, maatskaplike en politieke uitdagings is ekonomiese groei. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, kan ekonomiese groei nie plaasvind indien daar nie ’n drastiese toename in die getal lewensvatbare sakeondernemings is nie. Daarom behoort die staatsbegroting groter klem te lê op die toekoms en groei van die medium-grootte en kleinsakesektor.

artikels

Die implikasies van die hoogste hof van appèl se uitspraak in die Barnard-saak

Posted on in Artikels

Deur Dirk Groenewald, Hoof: Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke

Op 28 November 2013 het die hoogste hof van appèl in die guns van Solidariteit, wat namens kapt. Renate Barnard optree, beslis. Na aanleiding van hierdie uitspraak word ons oorval met navrae oor wat die implikasies van hierdie uitspraak vir ons lede en vir regstellende aksie in die algemeen is. Die doel van die artikel is om hierdie vraag te beantwoord.

artikels

Ekonomie: groei, rand en koopkrag

Posted on in Artikels

EkonGRK_Sleutelpunte

Na die Suid-Afrika se verbruikersprysindeks (VPI) van 0,9% k/k op jaargrondslag in K1 tot 3,0% in K2 gestyg het, het dit dit weer vinnig na 0,7% in K3 gedaal. Dit dui daarop dat 2013 ‘n besonder wisselvallige jaar vir die ekonomie was, wat dit baie moeilik vir besighede gemaak het om besluite oor langtermynbeleggings te neem.

artikels

Zuma se radikale ekonomiesetransformasieagenda het eiendomsreg in visier

Posted on in Artikels

Volgens die sakeregtewaghond AfriSake moet Suid-Afrikaners nie ekonomiese groei met radikale ekonomiese transformasie verwar nie. Ekonomiese groei bring verhoogde produktiwiteit mee, terwyl radikale ekonomiese transformasie aggressiewe herverdeling van bates behels.

artikels

Nkwinti se grondplan kan tot landswye arbeidsonrus lei

Posted on in Artikels

Gugile+Nkwinti+XXX+high+resOm 50% van landbougrond te onteien is ’n roekelose voorstel wat sal kan lei tot grootskaalse arbeidsonrus in die landbousektor.

Volgens die sakeregtewaghond AfriSake is die ANC-regering besig om verwagtings te skep by plaaswerkers waaraan die regering nie sal kan voldoen nie. Die gevolg hiervan is dat plaaswerkers se ontevredenheid kunsmatig aangevuur word. Minister Nkwinti se beleidsvoorstel het die potensiaal om die De Doorns-opstande tot nasionale vlak aan te blaas.

Colorful-Christmas-Tree

Kersfeesboodskap

Posted on in Artikels

Met 2014 wat nou vinnig ten einde loop, is AfriSake dankbaar om te kan terugkyk op ’n jaar waarin die organisasie belangrike vooruitgang gemaak het. Die belangrikste is natuurlik dat ons nie nét meer terugploeg in die gemeenskap nie, maar ook dat ons ons plig as sakeregte-waghond opgeneem het.

WMDN2

Die storie van Zimbabwe se hiperinflasie en gevare vir die Rand

Posted on in Artikels

Laat in 2008 het die Zimbabwiese dollar na 11 jaar van skerp inflasie ineengestort. Wat as dit in Suid-Afrika met die Rand gebeur?

In Zimbabwe was onteiening en prysbeheer volop, kos en petrol was skaars. Algaande het duisende mense se spaargeld verdwyn en is ‘n ekonomie en samelewing in chaos gedompel. Wat kan ons daaruit leer? Wat as die Suid-Afrikaanse Reserwebank, of ander reserwebanke in die wêreld dieselfde beleide as die Zimbabwiese regering toepas?