Kieslys
afrisake-5mil
afrisake-5mil

Bestuur

Piet le Roux
Uitvoerende Hoof: AfriSake

Piet le Roux is sedert September 2017 die uitvoerende hoof van AfriSake.

Le Roux matrikuleer in 2002 aan Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam. Hy behaal ’n honneursgraad in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en ’n meestersgraad in ekonomie aan Unisa wat handel oor die impak van Swart Ekonomiese Bemagtiging op ekonomiese groei.

Le Roux dien as ’n lid in die raad van die Instituut vir Rasseverhoudinge en ’n medewerker van die Suid-Afrikaanse Ludwig von Mises Instituut. Sy navorsing en publikasies fokus op ekonomiese, politieke en kulturele aangeleenthede. Hy is ook ’n gereelde openbare spreker en kommentator.

Le Roux is die voormalige akademiese hoof van Akademia, die privaat hoëronderwysinstituut, en die voormalige hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Arina Stoker Esterhuizen
Operasionele en Projekbestuurder: AfriSake