Kieslys
afrisake-5mil
afrisake-5mil

Category Archives: Artikels

international_tax_GSA_2015

Skrapping van vrystelling op buitelandse inkomste het onvoorsiene gevolge

Posted on in Artikels

KAN BELASTINGINVORDERING NADELIG RAAK

Deur: Amanda Visser

Verskeie organisasies en Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland werk, het gewaarsku dat die voorgestelde skrapping van die belastingvrystelling op buitelandse inkomste onvoorsiene gevolge gaan inhou. Patricia Williams, vennoot by die regsfirma Bowmans, maan dat dié skrapping waarskynlik net laer- tot middelinkomsteverdieners gaan raak. Dit kan boonop belastinginvordering nadelig raak.

0G0A7173

Maak jou grond onaanloklik

Posted on in Artikels

0G0A7173

ʼn Handleiding om jou eiendomsreg deur middel van diversifikasie te beskerm

 

ʼn Handleiding om jou eiendomsreg deur middel van diversifikasie te beskerm. Hierdie handleiding bied opsies vir die oorweging om jou saaklike regte in verband met landbougrond te diversifiseer en sodoende jou eiendom teen moontlike staatsonteiening te beskerm.

AfriSake

Wat sê die wet van grondeise en grondgrype?

Posted on in Artikels

Grondeise

  •  Word geïnisieer in terme van die Wet op die Herstel van Grondregte, 1994 (wetno. 22 van 1994).
  • Is ’n wettige proses in terme van artikel 25(7) van die Grondwet.
  • ’n Individu of verteenwoordiger van ’n groep stel ’n grondeis in.
  • Die eis se geldigheid word deur die grondeisekommissie bepaal.
  • Die kommissie dryf die saak vir en namens die eisers.
  • Die kommissie inspekteer eiendom wat geëis word om die bestaan van grafte en/of strukture te bepaal.
  • Dit word as ’n misdryf beskou indien ’n grondeienaar die kommissie verhoed om sodanige inspeksie te voltooi.
  • Na gelang van inspeksie word bepaal of die eis wel meriete het al dan nie.
  • Indien die eis as geldig beskou word, word dit in die Staatskoerant geadverteer en ’n kennisgewing word aan die grondeienaar oorhandig.
  • Verdere navorsing en ondersoek tot die eis word dan gedoen.
  • Die grondeienaar word geleentheid gegun om besware aan te meld en bewyse in te dien.
  • Die identiteit van eisers word dan geverifieer en bevestig.
  • Onderhandelings met die grondeienaar word bewerkstellig om grond óf met vergoeding te bekom, óf om bloot kompensasie aan eisers oor te betaal indien hulle nie grond wil hê nie.
  • Indien grondeienaars ’n eis wil teenstaan waar grond bekom wil word, sal die saak na die grondeisehof verwys word.
  • Nadat ’n hof ’n finale besluit aangaande vergoeding en die geldigheid van ’n eis bepaal het, sal die finale bevel bekragtig word en bindend wees op die partye.

Legal_Ch5_Pt4_Bringing_a_Contract_to_an_end

Nuwe rade gaan kontrakte hersien

Posted on in Artikels

Legal_Ch5_Pt4_Bringing_a_Contract_to_an_end

 

“Eerbare sakelui het niks te vrees nie”

Na die munisipale verkiesing is ‘n groot aantal munisipaliteite onder ‘n nuwe bewind.

0G0A6517

AfriSake: Van sakeregtewaghond tot sakeregtereus

Posted on in Artikels

AfriSake is goed op pad om teen die einde van die jaar sy mikpunt van 10 000 lede te bereik en maak reeds ‘n duidelike verskil in sy Suid-Afrika se sakeomgewing.

 

Die ledetal het vanjaar ongelooflik gegroei en staan tans op 6534 betalende lede, wat uit sakelui en maatskappye bestaan.

lig

Word jou onderneming se kragrekening gelaai?

Posted on in Artikels

Sakelui wat ruimte in kantoorblokke of winkelsentrums huur, se kragrekenings word dikwels gelaai deur herverkopers van elektrisiteit.

Herverkopers was tot dusver ongereguleerd, maar die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het pas riglyne bekend gemaak as ‘n eerste stap om die bedryf te reguleer. Die riglyne stel dit duidelik dat verbruikers onregmatige oorverhalings deur siviele regsaksie kan verhaal.

15468283-cv-curriculum-vitae-concetto-di-tag-cloud-parola-su-sfondo-bianco

AfriSake pos – Arbeidsregspesialis

Posted on in Artikels

Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie, ’n LLB-graad, vyf jaar ondervinding in die betrokke veld en bestuurservaring.

Posverantwoordelikhede sluit in: die vestiging en bestuur van ’n arbeidsregadvieseenheid vir AfriSake; die verskaffing van advies; die opstel van skrywes namens lede; die byhou van statistiek oor arbeidsregtelike advies; die verkryging van mandate van lede vir gebruik deur regsbeamptes; en die lewering van skriftelike regsadvies aan lede en in gedrukte en elektroniese media. Die pos vereis uitstekende bestuurs- en kommunikasievaardighede.

IMG_6224

70%-aandeelhouding en R100 miljoen-bydrae

Posted on in Artikels

Francois van Niekerk, medestigter van Atterbury, het op 22 April 2016 as gasspreker by ons sakeontbyt in Pretoria opgetree. Die gesprek het gehandel oor sy nuwe boek “Doing business with purpose”. Die vol saal van sakemanne en -vroue het aan sy lippe gehang.

farmworkers_1227834a

OnteieningsWetsontwerp: Is jou plaaswerkers uitgelewer?

Posted on in Artikels

Die voorgestelde Onteieningswetsontwerp wat voor die einde van die jaar op die Wetboek geplaas kan word, is minder rooskleurig vir plaaswerkers en plaasbewoners as wat dit op die oog af lyk.

Dit is die mening van dr. Anthea Jeffery, hoof: Beleidsnavorsing by die Instituut vir Rassebetrekkinge.

court-hammer

Verskille en ooreenkomste tussen die Onteieningswet van 1975 en die nuwe wetsontwerp van 2015

Posted on in Artikels

Volle name:    Onteieningswet 63 van 1975 (ou wet)

                        Onteieningswetsontwerp 2015 (nuwe wet)

1)         Definisies van eiendom:

Ou wet:           Beide roerende en onroerende eiendom.

Nuwe wet:       Eiendom soos bedoel in artikel 25 van die Grondwet (nie net beperk tot grond nie, dus ook roerende en onroerende eiendom).

2)         Openbare belang en openbare doel: