Kieslys
afrisake-5mil
afrisake-5mil

Category Archives: Mediaverklarings

AfriBusiness_Eskom

AfriSake versoek inligting oor ooreenkoms tussen SAP Systems en Eskom

Posted on in Mediaverklarings

AfriBusiness_Eskom

Die sakeregtewaghond AfriSake het twee aansoeke ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA), wetno. 2 van 2000, gebring wat sowel Eskom as SAP Systems versoek om inligting rakende ooreenkomste vir die verskaffing van sagteware en dienste aan Eskom bekend te maak. Dít sal die organisasie in staat stel om meer duidelikheid oor onreëlmatige uitgawes by Eskom te bekom.

AfriBusiness EFF

Malema en die EFF moet opdok

Posted on in Mediaverklarings

AfriBusiness EFF

AfriSake en AfriForum het vandag in die Noord-Gautengse hoë hof daarin geslaag om ’n bestraffende kostebevel, insluitend die koste vir twee advokate, teen die EFF en sy leier Julius Malema te bekom.

south-african-police-service-AfriBusiness

AfriSake behaal sukses: SAPD en Tshwane Metro moet opdok

Posted on in Mediaverklarings

south-african-police-service-AfriBusiness

AfriSake in samewerking met hul regspan het onderskeidelik op 31 Augustus en 1 September 2017 drie finale hofbevele bekom om te verhoed dat enige onwettige betreders grond in gebiede in Pienaarspoort en Bronkhorstspruit betree. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) asook die Tshwane-metropolisie is ook aangemaan om grondeienaars in hierdie verband by te staan soos uiteengesit in die Grondwet en die Wet op Suid-Afrikaanse Polisiediens (wetno. 68 van 1995). Die regter het ook ’n kostebevel in die guns van AfriSake en die grondeienaars toegestaan.

AfriBusiness Training

AfriSake gee opleiding aan sakesektor

Posted on in Mediaverklarings

AfriBusiness Training

AfriSake se arbeidsregadvieseenheid in samewerking met Omni-arbeidskonsultante het op Maandag, 4 September 2017 ’n arbeidsregkursus aan 25 afgevaardigdes gebied.

Piet le Roux

AfriSake stel nuwe uitvoerende hoof aan

Posted on in Mediaverklarings

Piet le Roux

Die sakeregte-organisasie AfriSake het Piet le Roux as sy nuwe uitvoerende hoof en direkteur aangestel. Le Roux begin vandag, 1 September 2017, in dié posisie.

BLF AfriSake

AfriSake tree op teen BLF

Posted on in Mediaverklarings

Die sakeregtewaghond AfriSake het teen Black First Land First (BLF) opgetree deur ’n hofaansoek te liasseer om ’n interdik teen die organisasie, sy leier Andile Mngxitama en sy woordvoerder Zanele Lwana te bekom vir die aanhitsing en opsweping van en bevele aan sy lede en die publiek om die misdade van betreding en onwettige grondbesetting te pleeg. Hofdokumente in hierdie verband is vandag by die BLF se hoofkwartier in Johannesburg beteken.

download

AfriSake tevrede dat Reserwebank onafhanklik bly

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake verwelkom die hofbeslissing dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sy mandaat sal behou soos wat dit in die Grondwet omskryf word. Dít volg nadat die Noord-Gautengse hoë hof vandag in die SARB se guns beslis het en die bank se onafhanklikheid van enige aard van onbehoorlike invloede wat mag bestaan, bevestig het.

AfriSake -Julius Malema

AfriSake en AfriForum neem aksie teen Malema en die EFF

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake en AfriForum het uiteindelik ’n hofdatum verkry om ’n hofinterdik teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en sy leier Julius Malema af te dwing.

AfriSake

Konstitusionele Hof beperk vrye mark vir klein diamantprodusente

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake

AfriSake is teleurgesteld in ’n uitspraak deur die Konstitusionele Hof wat die vrye mark vir klein diamantprodusente in Suid-Afrika beperk deur die departement van minerale hulpbronne toe te laat om artikel 20A van die Wysigingswet op Diamante, 2005 (wet no. 30 van 2005) af te dwing. Dié artikel verbied enige ongelisensieerde persoon om gelisensieerde diamantprodusente met die besigtiging, verkoop of aankoop van ongeslypte diamante by te staan in enige ander plek as by ’n diamantruil-en-uitvoersentrum. 

National Union of Metalworkers (NUMSA) strike

NUMSA-staking sal onherstelbare skade aanrig

Posted on in Mediaverklarings

National Union of Metalworkers (NUMSA) strike

Die staking waarmee die National Union of Metalworkers of South Africa (NUMSA) die metaal- en ingenieursbedryf dreig – onder meer oor ’n 15%-loonverhoging wat na 1 Julie 2017 teruggedateer moet word – sal werkers sonder twyfel eerder benadeel as bevoordeel, sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid.