Kieslys
afrisake-5mil
afrisake-5mil
National Union of Metalworkers (NUMSA) strike

NUMSA-staking sal onherstelbare skade aanrig

Posted on in Mediaverklarings

National Union of Metalworkers (NUMSA) strike

Die staking waarmee die National Union of Metalworkers of South Africa (NUMSA) die metaal- en ingenieursbedryf dreig – onder meer oor ’n 15%-loonverhoging wat na 1 Julie 2017 teruggedateer moet word – sal werkers sonder twyfel eerder benadeel as bevoordeel, sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid.

Eskom laat Suid-Afrika in die steek - AfriSake

Eskom laat Suid-Afrika in die steek; AfriSake sal ingryp

Posted on in Mediaverklarings

Eskom laat Suid-Afrika in die steek - AfriSake

AfriSake sal ingryp as Eskom die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) nader om elektrisiteitstariewe nogmaals te verhoog. Eskom en munisipaliteite het elektrisiteispryse onlangs tot buitensporige tariewe verhoog en nou wil Eskom dit met ’n verdere 20% verhoog.

BLF AfriSake

AfriSake oorweeg regstappe teen Black First Land First

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake BLF

AfriSake oorweeg regstappe om ’n interdik teen Black First Land First (BLF), Andile Mngxitama (leier van dié beweging) en Lindsay Maasdorp (nasionale woordvoerder) te bekom ná oproepe aan sy ondersteuners en lede van die publiek om onbeboude grond onwettig te beset.

NHI AfriBusiness

NGV sal massa-uittog van mediese praktisyns tot gevolg hê, sê AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

NHI AfriBusiness

Die vrystelling van die nuutste witskrif oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) het minder sekerheid gebring as wat die openbare en veral die mediese sektor verwag het. Daar word steeds na die vorige weergawe van dié beleid verwys, wat noem dat R256 miljard benodig sal word om die NGV teen 2025 te befonds, teen ’n ekonomiese groeikoers van ten minste 3,5%. Dié syfers kom steeds ooreen met syfers wat reeds in 2010 met die eerste melding van die NGV bekend gestel is. 

DCIM100MEDIADJI_0007.JPG

Kameelfontein-grondbesetters verwyder

Posted on in Mediaverklarings

DCIM100MEDIADJI_0007.JPG

Grondbesetters in Kameelfontein, noord van Pretoria, is vandag verwyder ná AfriSake ’n dringende interdik op 23 Junie 2017 in die Noord-Gautengse hoë hof bekom het. Die Rooimiere, die Cullinan-balju, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Tshwane Metropolisie het saamgespan om uitvoering aan die hofbevel te gee en alle onwettige strukture en grondbesetters te verwyder.

Mosebenzi Zwane AfriSake

Nasionalisering: Mynbouhandves sal myne, werksgeleenthede vernietig

Posted on in Mediaverklarings

Mosebenzi Zwane AfriSake

AfriSake waarsku Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, teen die inwerkingtreding van die mynbouhandves wat onlangs gepubliseer is. Die sakeregtewaghond ondersteun die Kamer van Mynwese se standpunt om dié handves voor die hof te daag, maar waarsku dat, sou dié hofgeding nie slaag nie en die minister sou voortgaan om die handves in werking te stel, Zwane volle verantwoordelikheid sal moet neem vir die uittog van buitelandse en binnelandse beleggings in die mynbedryf.   

Kameelfontein Grondgrype AfriSake

AfriSake troef onwettige grondbesetters met finale hofbevel

Posted on in Mediaverklarings

Kameelfontein Grondgrype AfriSake

AfriSake het vandag ’n finale hofbevel bekom om grondbesetters in Kameelfontein, noord van Pretoria, te laat verwyder van verskeie eiendomme wat hulle onwettig gedurende die week beset het.

WY: Coal Bed Methane Drilling

Eskom weier om inligting rakende Tegeta-boete te verskaf

Posted on in Mediaverklarings

WY: Coal Bed Methane Drilling

AfriSake het ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (wetno. 2 van 2000) gebring wat Eskom versoek om inligting te verskaf oor die hoogs kontroversiële boete van R2 miljard wat teen Tegeta se Optimum steenkoolmyn opgelê is. Eskom het die sakeregte-waghond vandag in kennis gestel dat hulle weier om hierdie inligting bekend te maak.

Kameelfontein-noord

Nuwe grondbesettingstrategieë: Grondeienaars moet waaksaam wees

Posted on in Mediaverklarings

Kameelfontein-noord

AfriSake is tans besig om verskeie grondeienaars in Kameelfontein noord van Pretoria by te staan om ’n dringende uitsettingsbevel teen onwettige grondbesetters te bekom. Die nuutste tendens is dat ’n klein groep individue ’n stuk grond identifiseer en daarna massas mense organiseer om dié grond te beset. Die groep wat die grond kastig regmatig vir tussen R500 en R5 000 aan die onwettige besetters “verkoop”, verdwyn weldra met die geld.

Baleka-Mbete AfriSake

Konstitusionele Hof se besluit verskuif verantwoordelikheid na die speaker

Posted on in Mediaverklarings

Baleka-Mbete AfriSake

Die sakeregtewaghond AfriSake verwelkom die Konstitusionele Hof se besluit dat die speaker van die parlement die mag het om vergunning te maak vir ’n geheime stemming oor ’n mosie van wantroue in president Jacob Zuma.

SAMWU AfriSake

Vakbonde wat geweld pleeg moet aanspreeklik gehou word

Posted on in Mediaverklarings

SAMWU AfriSake

Die sakeregtewaghond AfriSake meen dat die afbrand van die Bloemfonteinse stadsaal deur stakende vakbondlede ten sterkste veroordeel moet word. Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) en enige ander vakbond wat by die brandstigting betrokke was, moet aanspreeklik gehou word.

BusisiweMkhwebane AfriBusiness

Reserwebank se onafhanklikheid lewensnoodsaaklik tot Suid-Afrika se oorlewing

Posted on in Mediaverklarings

BusisiweMkhwebane AfriBusiness

AfriSake is geskok oor die mees onlangse aankondigings wat deur Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), gemaak is dat die Grondwet gewysig moet word om toe te laat dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) “gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die republiek bevorder, asook verseker dat die sosio-ekonomiese welstand van burgers beskerm word”.

AfriBusiness Valuer-General

AfriSake dien kommentaar by waardeerder-generaal in oor nuwe regulasies

Posted on in Mediaverklarings

AfriBusiness Valuer-General

AfriSake het kommentaar by die waardeerder-generaal ingedien wat handel oor die voorgestelde nuwe regulasies wat op  21 April 2017 in die staatskoerant gepubliseer is. Dié regulasies bepaal hoe eiendom deur die staat vir die doel van grondonteiening gewaardeer gaan word. 

AfriSake -Julius Malema

Is Malema besig om die hof ’n rat voor die oë te draai?

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake -Julius Malema

AfriSake en AfriForum se regspan het die registrateur van die Konstitusionele Hof versoek om te bevestig of Julius Malema, leier van die EFF, enige hofdokumente ingedien het in verband met sy beweerde aansoek om die Wet op Oproerige Byeenkomste, 1956 (wetno 17 van 1956) ongeldig en ongrondwetlik te laat verklaar. Die registrateur het intussen aan beide partye bevestig dat nóg Malema, nóg die EFF enige aansoek in dié verband ingedien het nie. 

DCIM100MEDIADJI_0039.JPG

AfriSake: Dis nie Zimbabwe nie – grondgrype is onwettig

Posted on in Mediaverklarings

DCIM100MEDIADJI_0039.JPG

Die sakeregtewaghond AfriSake en grondeienaars het op 5 Junie 2017 ’n hofbevel van die Noord-Gautengse hoë hof bekom om onwettige grondgrypers van dié eienaars se eiendom te verwyder. Die balju en die Rooimiere het vandag alle onwettige grondbesetters in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Tshwane-metropolisie verwyder soos in die hofbevel gelas is.  

AfriSake grondgrype

AfriSake behaal sukses: Hof lewer uitspraak in Pienaarspoort-saak

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake grondgrype

Die sakeregtewaghond AfriSake verwelkom die hof se beslissing vandag in ’n dringende aansoek om onwettige grondbesetters in Pienaarspoort te laat verwyder. Die hofbevel bepaal dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) tesame met die plaaslike balju enige en alle onwettige okkupeerders van die grond moet verwyder met onmiddellike effek.

robert-mugabe

Mugabe se “grondhervormingsplaag” ’n gevaar vir Suid-Afrika

Posted on in Mediaverklarings

robert-mugabe

AfriSake veroordeel die uitlatings wat Robert Mugabe, Zimbabwiese president, oor die naweek gemaak het dat die oorblywende wit kommersiële boere in dié land van hul eiendomme verwyder moet word omdat Zimbabwiërs die grond nodig het. Dít was die nuutste dreigement van die ontredderde land se leier aan sy Zanu-PF ondersteuners, waar hy dit duidelik gemaak het dat sy regering hernude grondgrype teen die handjievol oorblywende wit boere in die land sal begin.

DCIM101MEDIADJI_0296.JPG

Pienaarspoort-eiendomseienaars moet alleen klaarkom

Posted on in Mediaverklarings

DCIM101MEDIADJI_0296.JPG

Die sakeregtewaghond AfriSake bied bystand aan eiendomseienaars in Pienaarspoort noord van Pretoria in ’n dringende aansoek om onwettige besetters te laat verwyder. Nie die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die Tshwane Metropolisiedepartement (TMPD) óf die Noord-Gautengse hoë hof het enige hulp verleen nie.

AfriSake welvaartbelasting

Welvaartbelasting: AfriSake bied teenstand

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake welvaartbelasting 2

Die sakeregtewaghond AfriSake het gister sy kommentaar oor die voorgestelde implementering van ’n welvaartbelasting by die Davis-belastingkomitee (DBK) ingedien en aangevoer dat dit Suid-Afrika en die ekonomie meer skade sal berokken as wat dit armoediges sal bevoordeel. Suid-Afrika se fiskus is reeds een van die mees herverdelende fiskusse ter wêreld. AfriSake versoek ook dat die komitee die implementering van ’n belastingkorting vir privaat sekuriteit en openbare/privaat vervoer ondersoek. 

BEE-black-employment-south-africa-bac2545e

WRVVB-regulasies: AfriSake loods aansoek om hersiening

Posted on in Mediaverklarings

 BEE-black-employment-south-africa-bac2545e

Die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 2000 (wetno. 5 van 2000) (WRVVB) gaan daartoe aanleiding gee dat besighede wat aan wit eienaars behoort gaan sukkel om aan al die bepalings van die WRVVB te voldoen. Dieselfde geld die Wysigingswet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2013 (wetno. 46 van 2013) (Wysigingswet op BBSEB) en sy regulasies. Dit is basies onmoontlik vir besighede wat aan wit eienaars behoort om aan al die genoemde regulasies te voldoen en tenders van die staat te bekom. 

TransNet

Brian Molefe: AfriSake dien PAIA-aansoek teen Transnet in

Posted on in Mediaverklarings

TransNet

AfriSake sal ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA), 2000 (wetno. 2 van 2000) teen Transnet indien oor die nuwe veelvoudigeprodukpyplyn (NMPP) se voltooiing en implementering.

grondbesetting

AfriSake tree toe tot Pienaarspoort-grondgrype

Posted on in Mediaverklarings

grondbesetting

Die sakeregtewaghond AfriSake is tans besig om grondeienaars in Pienaarspoort in samewerking met sy regspan Hurter Spies Ingelyf by te staan om ’n dringende interdik te bekom ten einde ’n groep besetters van die grond te verwyder. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is vroeër sonder sukses genader om die grondbesetters te verwyder.

MM8247

AfriSake gekant teen voorgestelde nuwe formule vir landbougrondwaardasie

Posted on in Mediaverklarings

MM8247

 

AfriSake is gekant teen die voorgestelde eiendomswaardasieformule in die Eiendomwaardasiewetsontwerp wat spesifiek van toepassing sal wees op grond wat vir grondhervorming geoormerk is en/of vir onteiening deur ’n staatsdepartement geïdentifiseer word. AfriSake is tans besig om kommentaar op te stel wat die sakeregtewaghond by die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gaan indien.

landbou-grond

Brits-grondgrype: AfriSake verkry finale hofbevel teen grondbesetters

Posted on in Mediaverklarings

landbou-grond

AfriSake het ’n finale hofbevel bekom om onwettige grondgrypers naby die Hoërskool Wagpos in die Brits-omgewing in hul spore te stuit. 

photo

SAUK wil fooi vra vir jou selfoon

Posted on in Mediaverklarings

photo

James Aguma, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), het tydens ’n parlementêre portefeuljekomiteevergadering oor kommunikasie die voorstel aan die parlement gemaak dat jou foon, tablet en rekenaar met ’n lisensiefooi soortgelyk aan ’n televisielisensie belas word. AfriSake is van mening dat hierdie voorstel ten sterkste afgeweer moet word.

diamonds-loose

AfriSake staan SADPO by in Konstitusionele Hof

Posted on in Mediaverklarings

diamonds-loose

Die sakeregtewaghond AfriSake en die Suid-Afrikaanse Diamantprodusenteorganisasie (SADPO) het in 2016 saam ’n oorwinning in die Noord-Gautengse hoë hof behaal deur die omstrede artikel 20A van die Wet op Diamante, 1986 (wetno. 56 van 1986) ongrondwetlik te laat verklaar. Hierdie bevel moet egter op 11 Mei 2017 in die Konstitusionele Hof bekragtig word.

Belasting op calculator

Die oorsteek van die welvaartbelasting-Rubicon: ’n Nasie in gevaar

Posted on in Mediaverklarings

Belasting op calculator

Die onlangse aankondiging oor die moontlike inwerkingstelling van ’n welvaartbelasting – wat deur die Davis-belastingkomitee onder voorsitterskap van Regter Dennis Davis ondersoek sal word – was ’n groot skok vir die Suid-Afrikaanse publiek, hoewel sommige ekonome dit verwag het.

ec-Eskom-beveg

Landsburgers en sakelui pak Eskom oor kragtoevoer

Posted on in Mediaverklarings

ec-Eskom-beveg

AfriSake en AfriForum het ’n gesamentlike hofaansoek teen Eskom gebring om dié kragreus te verplig om die korrekte prosedures rakende die invordering van munisipale skuld, te volg. Dít ten einde eindverbruikers wie se kragrekeninge ten volle betaal is, te beskerm teen die onregmatige onderbreking van kragtoevoer.

land_claims_office

Nuwe afsnydatum vir grondeise voorgestel

Posted on in Mediaverklarings

land_claims_office

Die sakeregtewaghond AfriSake wag tans op die publikasie van die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte na afloop van ’n kennisgewing gepromulgeer in die Staatskoerant van 7 April 2017. Die kennisgewing bepaal dat die voorgestelde wetsontwerp in die tweede kwartaal van 2017 in die parlement oorweeg sal word en dat die tydperk vir die indiening van grondeise tot 30 Junie 2021 verleng word.

Eskom-broken-2

AfriSake loods PAIA-aansoek teen Eskom

Posted on in Mediaverklarings

Eskom-broken-2

Die sakeregtewaghond AfriSake het gister ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) (PAIA) teen Eskom geloods om vas te stel watter bedrag van die boete van R2 miljard wat aan Optimum Coal Mine opgelê is deur Tegeta Exploration & Resources (wat gedeeltelik deur die omstrede Gupta-familie besit word) betaal is.

o-SUCCESS-facebook

Verlenging toegestaan vir kommentaar op omstrede Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit

Posted on in Mediaverklarings

o-SUCCESS-facebook

AfriSake is verheug om die publiek mee te deel dat die organisasie bevestiging van die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling ontvang het dat die tydperk vir openbare kommentaar op die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit van 30 dae tot 60 dae verleng sal word vanaf die datum van eerste uitgawe op 17 Maart 2017. Dit beteken dat die publiek tot en met 17 Mei 2017 gegee word om deur die inhoud van die Wetsontwerp te gaan en kommentaar daarop te lewer. Die departement het bevestig dat die kennisgewing vir verlenging op 13 April 2017 in die Staatskoerant gepromulgeer gaan word.    

Julius Malema

Publiek moet help om Malema en EFF voor stok te kry

Posted on in Mediaverklarings

Julius Malema

AfriSake en AfriForum het ’n interdik teen die EFF en Julius Malema, die party se omstrede leier, bekom om te verhoed dat hulle mense aanhits om grond onwettig op 6 April 2017 te beset. Daar bestaan tans baie onsekerheid oor of grondgrype wel môre gaan plaasvind. Daarom wil AfriSake en AfriForum ’n beroep op die publiek doen om dié organisasies in kennis te stel van enige EFF-lede wat hulself aan die verontagsaming van die hofbevel skuldig maak.

Gugile Nkwinti

AfriSake: Wit grondeienaars het ook regte

Posted on in Konferensies, Mediaverklarings

Gugile Nkwinti

Die sakeregtewaghond AfriSake gaan die Konstitusionele Hof nader as die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit deur die parlement goedgekeur sou word. In sy huidige formaat sal dié wetsontwerp nie ’n grondwettoets deurstaan nie.

ec-nkwinti-gronvat

Die 12 redes waarom AfriSake nie met die wetsontwerp oor die regulering van landbougrondbesit saamstem nie:

Posted on in Konferensies, Mediaverklarings

ec-nkwinti-gronvat1.Die wetsontwerp is ongrondwetlik deurdat dit inbreuk maak op alle burgers se grondwetlike regte, veral artikel 3 (burgerskap), artikel 9 (gelykheid op grond van geslag, seks, etnisiteit), artikel 10 (menswaardigheid) en artikel 21 (vryheid van beweging en woning).

 

20170310_140254

Grondgrype-interdik op trappe van Konstitusionele Hof op Malema beteken

Posted on in Mediaverklarings

20170310_140254

Die hofbevel wat AfriForum en AfriSake op 7 Maart 2017 teen Julius Malema, leier van die EFF, verkry het is uiteindelik op 30 Maart 2017 persoonlik op Malema beteken.

ts-and-cs

Bepalings en voorwaardes vir regsbystand i.t.v grondgrypsake

Posted on in Mediaverklarings, Uncategorized

AfriSake sal slegs AfriSake-lede bystaan. Bystand sal selgs in die vorm van ‘n regsaksie verskaf word, ten eiende grondgrype te verhoed en/of af te weer. Persone en/of entiteite wat bystand verlang, maar nie lid van AfriSake is nie, sal eerstens lidmaatskap moet aanneem alvorens enige bystand verleen sal word, onderworpe aan die voorgeskrewe prosedure soos onderaan beskryf.

ec-BEE

Regulasies om ondernemings in wit besit te verhoed om met Staat sake te doen

Posted on in Mediaverklarings

ec-BEE

AfriSake is tans besig om hul regspan te raadpleeg oor die beperkinge wat op besighede geplaas word, veral voorafkeuringskriteria, in die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 2000 (wetno. 5 van 2000).

ec-Nkwinti

Wetsontwerp op die Regulering van Landbouhoewes bevat menigte direkte diskriminerende voorwaardes

Posted on in Mediaverklarings

ec-Nkwinti

Die sakeregtewaghond AfriSake veroordeel die rassediskriminerende wetgewing wat op 17 Maart 2017 vir kommentaar in die Staatskoerant aangekondig is.

archives-banner.1200.461.s

Bewyse om grondeis te weerlê is vermis: AfriSake verlang meer inligting

Posted on in Mediaverklarings

archives-banner.1200.461.s

Die sakeregtewaghond AfriSake het bewyse ontvang wat daarop dui dat sekere historiese rekords wat kan help om die grondeis van die Bakwena Ba Mare a Phogole-stam (Suid-Gautengse Grondeis) te weerlê, vermis is.

Ernst Roets, Ian Cameron, Ben Freeth, Armand Greyling

Blitsgids teen grondbesetting word bekendgestel

Posted on in Mediaverklarings

Ernst Roets, Ian Cameron, Ben Freeth, Armand Greyling

AfriForum en Afrisake het vandag in Pretoria ’n handleiding oor grondbesetting bekend gestel. Die burgerregte-organisasie het tydens die konferensie beklemtoon dat gemeenskappe hul eiendom self moet beskerm en nie op die staat moet staatmaak nie.

C6yGO_9WoAA5YMh

BLITSGIDS OOR GRONDBESETTING VIR GRONDEIENAARS

Posted on in Konferensies, Mediaverklarings

 

C6yGO_9WoAA5YMh

Dit is van kardinale belang dat alle grondeienaars en persone in beheer van grond moet weet wat hulle te doen staan in die geval van ’n grondbesetting. Hierdie dokument is ’n opsomming van die belangrikste voorsorgmaatreëls en voorgestelde optrede. Weens komplekse wetgewing is dit belangrik om regsadvies by ’n praktiserende prokureur in te win sodra plakkers op grond begin woon.

fd9e1901eb9b4fabb154ef0cb75b328d

Ramaphosa stel wysigings aan Grondwet voor – AfriSake sal ingryp

Posted on in Mediaverklarings

fd9e1901eb9b4fabb154ef0cb75b328d

AfriSake sal die geldigheid van enige wysiging aan artikel 25 van die Grondwet toets as die regering sou probeer om dit te verander in hul pogings om grond sonder regverdige en billike vergoeding te onteien.

ec-melempie

Hof sê Malema en EFF mag nie grond beset nie

Posted on in Mediaverklarings

ec-melempie

’n Interdik is vandag in die Pretoriase hoë hof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits.

Home puzzle

Grondwet ongeskonde wat eiendomsreg betref – AfriSake verwelkom uitslag

Posted on in Mediaverklarings

Home puzzle

Privaat eiendomseienaars kan ’n sug van verligting slaak ná gister se parlementsitting waartydens die EFF se poging onsuksesvol was om ’n mosie te laat slaag wat artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) sou verander het.   

minerSA

Werknemers wat werkgewers gyselaar hou deur geweldsdade moet pasop

Posted on in Mediaverklarings

POPCRU-&-NUM

AfriSake verwelkom die uitspraak van die arbeidshof dat die Nasionale Mynwerkersunie (NUM) verantwoordelik is die bedrag van R1,25 miljoen weens onwettige geweldsdade en beskadiging wat in 2015 deur meer as 200 van sy lede by Good Hope Construction aangerig is. Dit volg nadat ’n skikkingsooreenkoms tussen NUM en Good Hope Construction ’n bevel van die hof gemaak is.

Finance-Minister-Pravin-Gordhan

Begroting 2017: Die rykes en werkskeppers moet die las dra – AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

Finance-Minister-Pravin-Gordhan

Die 2017-begrotingsrede het in die meeste opsigte nie groot veranderinge teweeg gebring in die Suid-Afrikaanse belastinglandskap nie, veral met BTW wat onveranderd bly nadat daar wyd bespiegel is dat dit verhoog kon word om die Tesourie se inkomstetekort van R28 miljard aan te vul. Iets wat egter nadelige gevolge op die lange duur kan hê, is die bekendstelling van die nuwe “superbelasting” vir individue wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien, wat belas sal word teen 45% van elke rand bo daardie bedrag.

signature-bill

Oorregulering van die arbeidsmark sal werknemers slegs benadeel

Posted on in Mediaverklarings

signature-bill

 

Die nasionale minimum loon (NML) sal nadelig wees vir die arbeidsmark, sê die besigheidswaghond AfriSake. Dit is veral die jeug van Suid-Afrika tussen die ouderdomme van 15 en 24 jaar vir wie dit die moeilikste sal wees om die arbeidsmark te betree.

shutterstock_115129015_PSD4

AfriSake staan onteiening sonder vergoeding ten sterkste teen

Posted on in Mediaverklarings

shutterstock_115129015_PSD4

 

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê dat eiendom vir doeleindes van grondhervorming sonder vergoeding onteien moet word. Dit was die minister se bydrae tot die debat gedurende pres. Jacob Zuma se staatsrede om Zuma se ideaal van radikale sosio-ekonomiese transformasie met betrekking tot grondhervorming te verwesenlik.

President Zuma during a press briefing

Staatsrede 2017: ’n “Boksgeveg” tussen Zuma en die besigheidsektor

Posted on in Mediaverklarings

President Zuma during a press briefing

 

In wat beskryf kan word as een van die mees steurende parlementsittings in Suid-Afrikaanse geskiedenis, sal die 2017-staatsrede onthou word vir pres. Jacob Zuma se passiewe ekonomiese boodskap tesame met vuiste wat geval het tussen parlementêre amptenare en lede van die EFF.

signature-bill

Bakwena-grondeis – publiek het steeds tyd om aansoeke in te dien

Posted on in Mediaverklarings

signature-bill

 

AfriSake sê dat ’n beampte van die grondeisekommissie bevestig het dat geaffekteerde individue en geïnteresseerde partye tot die Johannesburg-Suid grondeis (Bakwena-eis) tot 2 Februarie 2017 het om aansoeke by die kommissie in te dien.

farms-beautiful-farm-house-amid-fields-hills-green-scenery-trees-sky-desktop-wallpapers

Grondgrype: Dis nie net van vat nie

Posted on in Mediaverklarings, Veldtogte

 farms-beautiful-farm-house-amid-fields-hills-green-scenery-trees-sky-desktop-wallpapers

 

Die sakeregtewaghond, AfriSake, waarsku dat grond nie bloot gevat kan word nie,

Tagged , , , |
affordable-budget-car-hire-and-rental-in-johannesburg-from-value-car-hire-south-africa

Grootste grondeis in Johannesburg – AfriSake lewer sy eerste insette

Posted on in Mediaverklarings

affordable-budget-car-hire-and-rental-in-johannesburg-from-value-car-hire-south-africa

 

AfriSake het ’n formele brief aan die grondeisekommissie gerig oor die grondeis van die Bakwena Ba Mare a Phogole, waarin die besigheidsregte-organisasie die kommissie versoek om die tydperk vir openbaredeelnameproses vir ’n verdere 60 tot 90 dae uit te stel.

court-hammer

Nuwe grondeise stopgesit tot nadere kennisgewing

Posted on in Mediaverklarings

court-hammer

Die grondeisehof in Randburg het hul langverwagte uitspraak gelewer, wat beveel dat geen grondeise wat tussen 1 Julie 2014 en 28 Julie 2016 ingedien is, bereg of enigsins deur die hof oorweeg mag word nie.

court-hammer

Nóg grondgrype in Brits gestop – AfriSake 3 uit 3

Posted on in Mediaverklarings

court-hammer

 

AfriSake het vandag die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria genader en wéér sukses behaal met ’n aansoek om onwettige grondgrypers van privaat eiendom naby Mooinooi te verwyder.

healthcare22

NHI ontvang beduidende openbare reaksie; kommentaar binnekort bekend – AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

healthcare22

 

AfriSake het ’n brief van die departement van gesondheid ontvang waarin daar aangedui word dat daar oorweldigende reaksie was tydens die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) se openbaredeelnameproses.

Private-Property-No-Tresspassing-Sign

AfriSake kap Black First Land First se dreigemente oor grond

Posted on in Mediaverklarings

Private-Property-No-Tresspassing-Sign

Die organisasie Black First Land First (BLF), wat dreig om grond in Suid-Afrika soos Zimbabwe se Robert Mugabe af te neem, is ’n leë dop wat met die harde kant van die gereg te doen moet kry.

Tagged , , , , |
stellenbosch_vineyard

AfriSake adviseer hof oor grondeise

Posted on in Mediaverklarings

stellenbosch_vineyard

 

AfriSake het vroeër vandeesmaand as Vriend van die Hof argumente in die grondeisehof in Randburg aangevoer in ‘n poging om namens sy lede en in openbare belang duidelikheid oor die pad vorentoe te verkry.

farms-beautiful-farm-house-amid-fields-hills-green-scenery-trees-sky-desktop-wallpapers

AfriSake nader Hof oor landherverdelingseise

Posted on in Mediaverklarings

farms-beautiful-farm-house-amid-fields-hills-green-scenery-trees-sky-desktop-wallpapers

 

AfriSake sal die grondeishof volgende week nader  saam met ander belanghebbende partye om duidelikheid te verkry oor die toekoms van landherverdeling in Suid-Afrika.

what-is-electricity

NERSA-appèl: Kragtariewe kan met tot 22% styg

Posted on in Mediaverklarings

what-is-electricity

 

AfriSake is van mening dat Eskom-verbruikers verdere kragtariefverhogings van 22% in die gesig kan staar.

diamond

AfriSake en SADPO: Oorwinning oor Diamantewet

Posted on in Mediaverklarings

diamond

 

Danksy AfriSake het die Suid-Afrikaanse Diamantprodusenteorganisasie (SADPO) ’n reuse-oorwinning in die hofstryd teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne,

court-hammer

AfriSake pak minister in hof oor swart ekonomiese bemagtiging

Posted on in Mediaverklarings

court-hammer

 

AfriSake het pas die konsultasieproses met sy regspan afgehandel en berei hulself nou voor om die departement van handel en nywerheid (DHN) en sy minister, dr. Rob Davies, oor die voorgestelde nuwe regulasies vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) hof toe te neem.

expropriation+bill+law+legislation

Onteieningswetsontwerp vasgevang tussen die hamer en die aambeeld

Posted on in Mediaverklarings

expropriation+bill+law+legislation

 

AfriSake verwelkom die onlangse nuus dat president Jacob Zuma die omstrede Onteieningswetsontwerp terugverwys het na die parlement, en versoek het dat hulle moet laat weet oor die prosesse wat gevolg is met die aanvaarding van die wetsontwerp.

iStock_000000281614XSmall2

Vryburg se aktekantoor gaan nêrens heen

Posted on in Mediaverklarings

iStock_000000281614XSmall2

 

Die sakeregtewaghond AfriSake verwelkom die aankondiging deur Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, dat hy nie sal toelaat dat die aktekantoor in Vryburg na ʼn nuwe ligging in Mahikeng verskuif word nie.

22ab1c17ced240449bace38cececff0f

Staar Suid-Afrika sy eie politiese “Brexit” in die gesig?

Posted on in Mediaverklarings

22ab1c17ced240449bace38cececff0f

 

AfriSake is van mening dat Suid-Afrika in die komende verkiesing dalk sy eie “Brexit” in die gesig mag staar omdat ANC-ondersteuners hul rug al meer op die regerende party keer en ander, meer belowende politieke partye begin ondersteun.

Private-Property-No-Tresspassing-Sign

AfriSake doen dit weer – grondgrypers moet weg!

Posted on in Mediaverklarings

Private-Property-No-Tresspassing-Sign

 

Die sakeregte-waghond AfriSake het vandag die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria genader in ʼn poging om ʼn tussentydse hofbevel te verkry om onwettige grondgrype in die Brits-gebied te belet.

Agriculture-Images

AfriSake gereed om grondvergrype in Brits stop te sit

Posted on in Mediaverklarings

Agriculture-Images

 

AfriSake gaan vandag sy regspan en partye van Brits ontmoet wie se eiendom die afgelope naweek onwettig beset is.

102095253-459233419.530x298

Brexit-oorwinning – ’n onbestendige situasie wat met groot sorg benader moet word

Posted on in Mediaverklarings

102095253-459233419.530x298

 

Die meerderheid burgers in die Verenigde Koninkryk (VK) het vandag ten gunste van dié land se uittrede uit die Europese Unie (EU) gestem. Kort ná die bekendmaking van die uitslag het die VK se eerste minister David Cameron sy bedanking aangekondig en genoem dat hy in Oktober vanjaar vervang gaan word.

hqdefault

Brexit: Die onsekere sekerheid dat die onbekende voorlê

Posted on in Mediaverklarings

hqdefault

 

AfriSake is van mening dat ’n statistiese ontleding van die invloed van Britain Exit (Brexit) op Suid-Afrika – of enige deel van die wêreld – op niks meer as spekulasie sal neerkom nie.

sagov

AfriSake: Wie is werklik aan bewind in Suid-Afrika, en met watter doel?

Posted on in Mediaverklarings

sagov

 

Of die ANC die land werklik regeer tot voordeel van al sy burgers, of uitsluitlik tot die voordeel van diegene wat politieke verbintenisse het om aan bewind te bly, bly ʼn onbeantwoorde vraag tydens die laaste paar dae van geweld wat ons in Tshwane gesien het.

signature-bill

Onteiening: AfriSake se dubbelloopstrategie

Posted on in Mediaverklarings

signature-bill

 

AfriSake het ʼn petisie aan president Jacob Zuma gestuur om die ondertekening van die Wetsontwerp op Onteiening stop te sit, en die president te versoek om die wetsontwerp terug te stuur na die Parlement vir heroorweging.

photo_verybig_145545

AfriSake verwelkom bevindinge van drie graderingsagentskappe

Posted on in Mediaverklarings

photo_verybig_145545

 

AfriSake verwelkom die positiewe nuus dat Suid-Afrika se kredietgradering nie na rommelstatus afgegradeer is nie. Alle Suid-Afrikaners en veral die korporatiewe wêreld kan ’n sug van verligting slaak

shutterstock_84103903_cropped

AfriSake steek 5 000-ledetal verby

Posted on in Mediaverklarings

shutterstock_84103903_cropped

Die sakeregtewaghond se aktiewe ledetal het in Mei die 5000-kerf verbygesteek. Volgens Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, is hierdie mylpaal die resultaat van harde werk, deursettingsvermoë, en goeie veldtogte; en dit in minder as vyf jaar.

healthcare

NGV sal rampspoedige gevolge inhou indien dit geïmplementeer word – AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

healthcare

 

Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie teen 2025 geïmplementeer sal wees soos beplan word nie, en sê dat selfs indien dit wel later geïmplementeer word, die gevolge rampspoedig vir Suid-Afrika sal wees.

court-hammer

SEB: Maatskappye sal dalk binnekort 51% aandele moet weggee

Posted on in Mediaverklarings

court-hammer

Maatskappy wat voortaan met enige staatsdepartement besigheid wil doen, sal 51% swart aandeelhouding moet hê.

nersa+Eskom

AfriSake dien kommentaar in oor NERSA se MYPD-hersiening

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake kan bevestig dat NERSA die organisasie se kommentaar ontvang het op die energiereguleerder se voorgestelde veranderings aan sy Multi-Year Price Determination (MYPD), waarvolgens Eskom sekere onvoorsiene uitgawes van die verbruiker mag terugeis deur middel van ’n goedgekeurde tariefverhoging deur NERSA.

court-hammer

Nuwe SEB-regulasie: AfriSake neem regstappe

Posted on in Mediaverklarings

court-hammer

 

Die sakeregte-waghond, AfriSake, het die departement van handel en nywerheid (DHN) nou formeel op terme geplaas om hul grondwetlike plig na te kom en ʼn deeglike publieke deelnameproses te volg,

Tagged , , , , |

Balju kan op Zuma se bates beslag lê indien hy nie betaal

Posted on in Mediaverklarings

Jacob-Zuma(R)

Suid-Afrikaners sal binne 38 dae presies weet hoeveel geld pres. Jacob Zuma sal moet opdok vir die opgradering aan sy Nkandla-woning

Stubble Burnoff, near Wangaratta, Victoria, Australia

Eiendomsbesettings in Bronkhorstspruit – AfriSake verkry interim bevel

Posted on in Mediaverklarings

Stubble Burnoff, near Wangaratta, Victoria, Australia

AfriSake het vandag daarin geslaag om ‘n interim bevel in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria te kry om onwettige eiendomsbesetters in Bronkhorstspruit van die betrokke eiendom te verwyder.

Jacob-Zuma(R)

Pres. Zuma besig om Suid-Afrika in ʼn rampokkerstaat te omskep

Posted on in Mediaverklarings

Jacob-Zuma(R)

 

AfriSake is van mening dat pres. Jacob Zuma die steun van die sakesektor verloor het en die tyd aangebreek het dat hy die tuig neerlê. AfriSake het om dié rede besluit om hul stem tot die groeiende groep organisasies te voeg wat die president se bedanking eis.

Jacob-Zuma-640

Zuma sal moet belasting betaal op Nkandla-voordele – AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

Jacob-Zuma-640

President Zuma sal nou deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aanspreeklik gehou moet word vir van die voordele wat hy ontvang het weens die opgradering aan sy Nkandla-woning.

Tagged , , |
706x410q70a9107e7ff4ce50ac8c0704b958f1823c

AfriSake verwelkom NERSA se aankondiging oor tariefverhoging

Posted on in Mediaverklarings

706x410q70a9107e7ff4ce50ac8c0704b958f1823c

AfriSake verwelkom NERSA se aankondiging dat hulle slegs ’n algemene tariefverhoging van 9,4% in die elektrisiteitsprys sal toelaat.

pravin-gordon-minister-finance

Begrotingsrede 2016: Verbruikers verlig, beleggers nie oortuig nie

Posted on in Mediaverklarings

pravin-gordon-minister-finance

 

Na afloop van die begrotingsrede vir die boekjaar 2016/2017 sal die meeste verbruikers ‘n sug van verligting slaak, omdat die minister van finansies, Pravin Gordhan, aangekondig het dat daar geen verhoging in persoonlike inkomstebelasting of in korporatiewe belasting verwag kan word nie.

court-hammer

Onteieningswet: AfriSake gereed om hof toe te gaan

Posted on in Mediaverklarings

court-hammer

 

Die wetsontwerp op onteiening is een stap nader om as een van Suid-Afrika se gevaarlikste wette gepromulgeer te word nadat die Nasionale Vergadering dit gister met 202 stemme teenoor 88 goedgekeur het. AfriSake het reeds sy regspan opdrag gegee om dié wet in die Konstitusionele Hof te gaan betwis sodra dit gepromulgeer word.

World Economic Forum on Africa 2009

Staatsrede 2016: Zuma het die volk weereens in die steek gelaat

Posted on in Mediaverklarings

World Economic Forum on Africa 2009

Die 2016-staatsrede gaan buitelandse beleggers noop om hulle beursies toe te hou. Dit was die reaksie van Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake, nadat president Jacob Zuma die regering se ekonomiese planne van aksie vir 2016 bekend gemaak het.

Private-Property-No-Tresspassing-Sign

Beperking van buitelandse grondbesit nadelig vir Suid-Afrika

Posted on in Mediaverklarings

Private-Property-No-Tresspassing-Sign

Die huidige grondbesitplan wat deur president Jacob Zuma in die vooruitsig gestel word in sy staatsrede sal buitelandse beleggers uit die land laat vlug met hul fondse om beter beleggingsgeleenthede elders te vind. Zuma vererger sake deur selfs nog meer beleggingsonsekerheid te skep.

fixing-people

Begrotingsrede 2016: Wat kan die RSA se finansies regruk?

Posted on in Mediaverklarings

fixing-people

Staatsamptenare wag in spanning op vandeesweek se begrotingsrede. Die vraag is wat Pravin Gordhan, minister van finansies, kan doen om korrupte amptenare en politici se hande van die staatskas af te hou.

Tagged , , , |
Houses_of_Parliament_(Cape_Town)

SONA 2016: Zuma se Rubicon?

Posted on in Mediaverklarings

Houses_of_Parliament_(Cape_Town)

Swak ekonomiese groei. Endemiese werkloosheid. Opstande. Gebrekkige politieke leierskap. ’n Dreigende skuldstilstand. Dít is sommige van die elemente wat vandag met die ekonomiese en politieke omstandighede van die 1980’s ooreenstem. En sou pres. Zuma nie vandag drastiese ekonomiese beleidsveranderings aankondig nie, kan historici eendag na die 2016-staatsrede as ’n tweede Rubicon verwys.

000_Par8097663+copy

Zuma sal moet begin verduidelik

Posted on in Mediaverklarings

000_Par8097663+copy

President Jacob Zuma moet die druk sekerlik voel met die teikendatum vir sy staatsrede wat al nader kom. Mens kan maar net hoop dat hy dié saak ernstig sal benader omdat die parlement en publiek teen dié tyd seker al moeg is vir sy bekende lag wanneer hy feite moet konfronteer of vrae oor sy leierskap (of totale gebrek daaraan) moet beantwoord. Dít is die mening van Armand Greyling, AfriSake se wet- en beleidsanalis.

media

Eskom-tariefverhogings: AfriSake bevestig bywoning van Nersa se openbare verhoor

Posted on in Mediaverklarings

Die sakeregte-waghond AfriSake beplan om Nersa se openbare verhoor op Donderdag, 4 Februarie 2016 by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand by te woon om voorleggings te doen waarom ʼn tariefverhoging nie aan Eskom toegestaan moet word nie om R22,8 miljard in te vorder soos per die nasionale elektrisiteitsvoorsiener se aansoek by Nersa. In wese hou die voorleggings verband met Eskom se nalatigheid en die maatskappy se versuim om behoorlike prosedure te volg in die bekendstelling van sy aansoek.

media

Minister wil aktekantoor skuif

Posted on in Mediaverklarings

Die aktekantoor in Vryburg moet dalk skuif, maar nie sonder ʼn groot geveg nie!

 

media

Regsproses begin om Pretoria-Oos grondeis te stuit

Posted on in Mediaverklarings

Die regsproses het begin om die Lekhuleni-grondeis in die ooste van Pretoria teë te staan. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriSake se uitvoerende hoof, hou dié grondeis – wat die belastingbetaler moontlik miljarde uit sak kan jaag – ernstige gevolge vir eiendomsekerheid in die stad in. Dít is die rede waarom AfriSake namens meer as 800 grondeienaars in die betrokke gebied optree.

media

ANC-beleide vernietig Suid-Afrika se entrepreneurs

Posted on in Mediaverklarings

Die ANC se nasionale algemene raad (NAR) is net nog ʼn manier om Suid-Afrika (SA) se entrepreneurs te vernietig.
Dit is volgens Stefan Pieterse, woordvoerder van AfriSake, die mening van entrepreneurs in SA.
Die huidige ekonomiese en politieke klimaat in SA is onheilspellend en die beleide wat op die komende NAR bespreek sal word, blaas die groeiende ontevredenheid onder Suid-Afrikaanse werkgewers aan.

media

AfriSake eis antwoorde van Eskom oor bonusskandaal

Posted on in Mediaverklarings

Die nasionale elektrisiteitsverskaffer, Eskom, het die land in ʼn elektrisiteits- en ekonomiese krisis gedompel, maar die topbestuur van die maatskappy is met R50 miljoen se bonusse daarvoor beloon, ondanks die feit dat sy netto inkomste met meer as 50% van R7 miljard tot R3 miljard gedaal het.

media

SEB kan die ekonomie vernietig

Posted on in Mediaverklarings

Die nuwe SEB-kodes kan die laaste spyker in die kis vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees. Dit is die mening van die sakeregtewaghond, AfriSake, na afloop van die instelling se SEB vs Besigheid-konferensie.

media

ANC behoort Ramokgopa te onthef

Posted on in Mediaverklarings

Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat die ANC ernstig moet besin oor die toekoms van die Tshwane Metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa. Dit volg ná onthullings dat beide hy en die munisipale bestuurder, Jason Ngobeni, deeglik daarvan bewus was dat die metro se slimmeterkontrak met PEU Capital totaal onwettig was. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is die burgemeester deur die nasionale tesourie hiervan ingelig selfs nog voordat die PEU-kontrak ʼn aanvang geneem het.

media

Korrupte Tshwane-kontrak gaan Pretorianers nóg R400 miljoen kos

Posted on in Mediaverklarings

Die ooreenkoms rakende die voorafbetaalde elektrisiteitsmeters tussen die Tshwane Metro en PEU Capital gaan Pretorianers na raming ʼn verdere R400 miljoen uit die sak jaag. Dít was die kern van vandag se mediakonferensie oor die skikkingsooreenkoms tussen Tshwane en PEU.

media

Tshwane Metro maak kansellasievoorwaardes van korrupte PEU-kontrak bekend

Posted on in Mediaverklarings

Die Tshwane Metro het uiteindelik die voorwaardes vir die kansellasie van die PEU-kontrak bekend gemaak. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, het die metro vir meer as ʼn maand gesloer om die voorwaardes bekend te maak. “Hierdie stap volg ʼn dag nadat AfriSake se regspan ʼn aanmaningsbrief aan die metro gerig het om die inligting te openbaar,” het Jansen van Rensburg gesê.

media

AfriSake versoek OG-ondersoek na korrupte kragkontrak

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake het vanoggend ʼn formele versoek aan die ouditeur-generaal (OG) gerig om – kragtens die bepalings van die wet op die OG – ʼn ondersoek te las na die multimiljoenrandse kontrak tussen die Tshwane Metroraad en Peu Capital.

media

AfriSake nader OG oor korrupte kragkontrak

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake sal môre ʼn formele versoek aan die ouditeur-generaal (OG) rig om – kragtens die bepalings van die wet op die OG – ʼn ondersoek te las na die multimiljoenrandse kontrak tussen die Tshwane Metroraad en Peu Capital.

media

Kansellasie bewys AfriSake reg

Posted on in Mediaverklarings

Die summiere beëindiging van die omstrede kontrak vir voorafbetaalde-elektrisiteitsmeters tussen die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit en die maatskappy PEU is ’n bevestiging van die feit dat AfriSake heeltemal reg was oor die onwettigheid daarvan.

media

AfriSake loods veldtog teen grondeise in die noord-ooste van Pretoria

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake sal die eiendomsregte van sy lede beskerm. Dít is die standpunt van die sakeregte-waghond, AfriSake, nadat dit bekend geword het dat ʼn grondeis vir meer as 500 erwe, besigheidspersele en plase ingedien is. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is die lys van eiendomme wat geteiken word op 12 Desember 2014 en weer op 6 Februarie 2015 gepubliseer.

media

Staatsrede: AfriSake sal die grondwetlikheid van Zuma se nuwe grondbeleid toets

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake sal enige poging om grondbesit te beperk, aktief teenstaan. Dit volg na die aankondiging deur president Zuma dat grondbesit vir landsburgers beperk gaan word en dat buitelanders nie meer grond in Suid-Afrika mag besit nie.

media

Pres. Zuma se staatsrede bepalend vir die ekonomie

Posted on in Mediaverklarings

Die land se sosio-ekonomiese toekoms hang in die weegskaal. Die vraag is, het pres. Jacob Zuma die mannemoed om die nodige ekonomiese beleidsverandering tydens sy staatsrede aan te kondig?

Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius  Jansen van Rensburg, sal hierdie die vraag wees waarop die publiek ʼn antwoord soek. Donderdag se staatsrede sal bepalend wees vir die toekoms van die land se ekonomie.

media

Vyf vrae wat beleggers in Davos oor Suid-Afrika sal vra

Posted on in Mediaverklarings

Is Suid-Afrika steeds ʼn veilige beleggingsbestemming? Dit is die vraag wat internasionale beleggers hulself sal afvra na afloop van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) wat vandag in Davos, Switserland, afsluit.

media

Die gasspreker by ons bekendstelling

Posted on in Mediaverklarings

Adv. Paul Hoffman is gebore in Johannesburg en het sy skoolopleiding by St. Martin’s in 1967 voltooi. Hy het in 1974 ʼn LLB aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal.

media

Nuwe Afrikaanse sakegroep

Posted on in Mediaverklarings

Okt 27 2011 09:48                                                                                        Hennie Duvenhage

Kaapstad. – ’n Nuwe Afrikaanse sake-organisasie, AfriSake, het die lig gesien.

media

AfriSake lok belangstelling

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake lok belangstelling

media

AfriSake gaan die konstitusionele hof nader

Posted on in Mediaverklarings

Die Afrikaanse sakeorganisasie AfriSake gaan die konstitusionele hof as vriend van die hof nader ten einde voorleggings oor die beskerming van die konstitusionele reg op eiendom te doen.

AfriSake se doelwitte is soos volg: die beskerming van die Grondwet en eiendomsregte; en die ondersteuning van die vryemarkstelsel en gemeenskapsopheffing.

media

Dr. Rudolf Gouws oor die internasionale ekonomiese krisis en implikasies vir Suid-Afrika

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake het onlangs in samewerking met FNB ʼn sake-ete gereël waar Dr. Rudolf Gouws as gasspreker opgetree het.

Nick Vlok, een van AfriSake se direkteure, skryf: “ʼn Woord van dank aan FNB namens AfriSake en die 50 sakemanne wat die heerlike funksie by die Pretoria buiteklub bygewoon het.  Ons waardeer dit dat jou manne ons in Afrikaans toegespreek het, die inligting wat met ons gedeel is, asook die belangstelling in Afrikaanse sakemanne.

media

Voorgestelde onteieningswet ongrondwetlik, sê AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake het Dinsdag kommentaar ingedien oor die onteieningswetsontwerp. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, bestaan daar toenemende kommer binne die sakegemeenskap oor die regering se opvattings oor eiendomsreg. Die beoogde onteieningswetgewing, wat tans deur die regering oorweeg word, is tekenend hiervan.

media

AfriSake stel uitvoerende hoof aan

Posted on in Mediaverklarings

Die Afrikaanse sake-organisasie, AfriSake, het Cornelius Jansen van Rensburg as die organisasie se nuwe uitvoerende hoof aangestel.  Jansen van Rensburg sal met ingang vanaf 1 Mei aan die stuur van AfriSake wees.

media

Verhoogde vertroue tussen werkgewers en werknemers sal SA ekonomie laat blom

Posted on in Mediaverklarings

Vertroue tussen werknemers en werkgewers in Suid-Afrika is die swakste ter wêreld. Volgens die Wêreldmededingingsverslag lê Suid-Afrika heel onder aan die lys van 144 lande wat verhoudinge tussen werkgewers en werknemers betref. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriSake se uitvoerende hoof, plaas hierdie situasie ʼn demper op Suid-Afrika se ekonomiese groeipotensiaal.

media

NUMSA/FAWU se grondherverdelingsveldtog sal ekonomie skaad – AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake is bekommerd oor die negatiewe impak wat die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (NUMSA) en die Food and Allied Workers Union (FAWU) se pas aangekondigde grondherverdelingsveldtog op die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan hê.

media

Alle Suid-Afrikaners moet toegang tot eiendomsreg hê

Posted on in Mediaverklarings

IMG_7260eeGebrek aan toegang tot individuele eiendomsreg is ʼn groot bydraende faktor tot armoede. Dit is die standpunt van Steve Booysen en Leon Louw wat Donderdag sakelui toegespreek het by ʼn AfriSake-ontbytgeleentheid in Sandton.

Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is daar groterwordende onsekerheid oor eiendomsreg in die land. Die voorgestelde onteieningswet, die wetsontwerp op eiendomswaardasies, asook die voorgestelde wysigingswet op grondrestitusie is voorbeelde van pogings om eiendomsreg in die land te ondermyn. “In plaas daarvan dat die staat privaat eienaarskap ondersteun, werk wetgewing dit teen”.

media

Die toekoms van SA arbeidsverhoudinge – die hoofweg of die grondpad

Posted on in Mediaverklarings

gesinsfotos-025In die laat 1980’s was Suid-Afrika by ’n kruispad en die futuris Clem Sunter het vir Suid-Afrika na 1990 ʼn hoofweg- en grondpad-scenario (high road en low road) voorgestel. Waar die lae weg se uiteinde volskaalse opstande en burgeroorlog wou wees, sou die hoofweg ʼn onderhandelde politieke skikking behels.

media

AfriSake gaan ’n verslag oor die bedreiging van eiendomsreg in SA saamstel

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake gaan ’n verslag saamstel wat die stand van en bedreigings vir eiendomsreg en die vryemarkstelsel in Suid-Afrika uitwys. Dit volg nadat die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming ’n nuwe beleidsvoorstel aangekondig het wat van grondeienaars sal verwag om aandele in hul plase aan hul werkers te gee.

media

Vooraanstaande internasionale ekonoom spreek Afrikaanse sakelui toe

Posted on in Mediaverklarings

As deel van AfriSake se volgehoue veldtog om die belangrike rol van eiendomsreg uit te lig, bied die organisasie vandag ‘n gespreksgeleentheid aan waartydens die ekonoom, professor Peter Klein gaan praat oor die vryemarkekonomie en eiendomsreg as antwoord op SA se ekonomiese uitdagings.

media

Korrupsiepersepsie-indeks: Zumafikasie van die regering korrupteer staatsdiens

Posted on in Mediaverklarings

Die blaam vir die groeiende korrupsie in Suid-Afrika behoort vierkantig voor die deur van pres. Jacob Zuma geplaas te word. Dit is die standpunt van die sakeregtewaghond AfriSake nadat Transparency International se jongste korrupsiepersepsie-indeks toon dat Suid-Afrika verder op hierdie barometer teruggesak het. In 2010 was Suid-Afrika in die 54ste plek. Nou lê ons op nommer 72 uit 177 lande.

media

AfriSake dien hofaansoek in teen Tshwane Metro om elektrisiteitsmeters-kontrak met PEU te stuit

Posted on in Mediaverklarings

Die sakeregtewaghond AfriSake het vandag ’n dringende hofaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof ingedien met die oog daarop om ’n ooreenkoms wat in Mei vanjaar tussen die Tshwane Metro en PEU Capital Partners (Edms) Bpk (PEU) gesluit is te stuit. Die kontrak behels die installasie van ongeveer 800 000 elektrisiteitsmeters.

media

AfriSake spreek medelye uit teenoor Mandela-familie

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake het sy medelye uitgespreek teenoor die Mandela-familie ná die afsterwe van oudpresident Nelson Mandela. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is oudpresident Mandela se dood die einde van ʼn era in Suid-Afrika.

Oudpresident Mandela sal onthou hou word vir die versoenende rol wat hy gespeel het in die politieke oorgang na ʼn demokratiese Suid-Afrika in 1994. Sy uitreik na alle groepe in die land het verhoogde vertrouensvlakke tussen gemeenskappe teweeggebring wat politieke en ekonomiese stabiliteit help vestig het. Mnr. Mandela se ekonomiese nalatenskap sluit onder meer Suid-Afrika se hertoetrede tot wêreldmarkte en die stabilisering van die ekonomie in.

media

Staat staan steeds Pelgrimsrus kleinsake teen

Posted on in Mediaverklarings

AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, het vandag gesê dat die Mpumalanga Provinsiale Regering steeds ʼn veldtog voortsit om die sakegemeenskap van Pelgrimsrus uit dié museumdorpie te dryf. Dít volg nadat die regering opponering aangeteken het in ʼn aansoek om ʼn bestaande interdik te verleng teen die eensydige opskorting van die Pelgrimsrus sake-eienaars se huurkontrakte.

media

Staatsrede: Miljarde word spandeer terwyl Jan Alleman die rekening moet delg

Posted on in Mediaverklarings

President Jacob Zuma se staatsrede dui op groeiende staatsbetrokkenheid in Suid-Afrika se ekonomie. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is eskalerende besteding op staatsinfrastruktuur en onregverdige bevoorregting die ekonomiese fokus van die president se toespraak.

media

Pres. Zuma se staatsrede bepalend vir kleinsake

Posted on in Mediaverklarings

Pres. Jacob Zuma se staatsrede later vandag sal bepalend wees vir die toekoms van klein- en mediumgrootte sake-ondernemings in Suid-Afrika. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, gaan die klein- en mediumgrootte sakesektor gebuk onder groeiende druk as gevolg van verswakte munisipale infrastruktuur, arbeidsonrus en ʼn strammer ekonomiese omgewing.

media

Minister Gordhan se transformasiebegroting klop nie

Posted on in Mediaverklarings

Groot planne, meer toelaes en verhoogde besteding. Wie gaan hiervoor betaal? Dit was die vraag van AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, in reaksie op minister Pravin Gordhan se begrotingstoespraak.

media

Pelgrimsrus tenderproses geskrap

Posted on in Mediaverklarings

Die sakeregtewaghond AfriSake het die besluit van die Mpumalanga Departement van Openbare Werke om die omstrede tenderproses vir toekenning van huurkontrakte in Pelgrimsrus te kanselleer, verwelkom. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is dit die gevolg van volgehoue druk van AfriSake en die Pelgrimsrus-sakegemeenskap.

media

Laat vaar Kleinsakeministerie; skrap eerder SEB – AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

Die regering se voorneme om ’n ministerie te skep van klein- en mediumgrootte sake-ondernemings sal lei tot nog meer rompslomp en onmededingende sakepraktyke.

Die sakeregtewaghond AfriSake het vandag gesê dat die regering eerder hulle eie interne bestuursverantwoordelikheid moet nakom, as om te fokus op die regulering van entrepreneurs en sakelui. 

media

Burgerlike samelewing die antwoord vir verswakkende staat – AfriSake

Posted on in Mediaverklarings

Suid-Afrikaners het rede tot kommer. Dit is die mening van die politieke ontleder, prof. André Duvenhage, wat by ʼn funksie van die sakeregtewaghond AfriSake ʼn vooruitskatting van die politieke klimaat ná die nasionale verkiesing op 7 Mei gemaak het.

Prof. Duvenhage het gesê dat die regering se transformasieagenda, die verswakkende staat, arbeidsonrus en toenemende sekuritarisering van die staat die hoof politieke tendense van die volgende vyf jaar sal wees.

media

Pres. Zuma moet belasting betaal op Nkandla-voordele

Posted on in Mediaverklarings

President Jacob Zuma moet deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aanspreeklik gehou word vir die voordele wat hy ontvang het deur die opgradering aan sy Nkandla-woning. Volgens die sakeregtewaghond AfriSake bepaal die SAID se regulasies (PAYE-GEN-01-G02) dat werknemers belas word op byvoordele wat hulle deur middel van hulle werkgewers kry.

media

AfriSake stel vyfpuntplan bekend om eiendomsregkrisis af te weer

Posted on in Mediaverklarings

Die toekoms van eiendomsreg in Suid-Afrika is in gedrang. Dit was die mening van verskeie kenners wat vandag aan die AfriSake Eiendomsregkonferensie deelgeneem het. AfriSake het tydens die konferensie ‘n verslag bekendgestel wat 14 verskillende wetsontwerpe, beleide en regsprake uitwys wat ten doel het om eiendomsreg drasties in te perk, af te takel of selfs te vernietig.

media

Sakelui maak beursies oop vir die toekoms van voornemende studente

Posted on in Mediaverklarings

IMG_3019 copySowat 450 lede van dieSuid-Afrikaanse sakegemeenskap het gister ’n jaarlikse liefdadigheidsmusiekvertoning by Theatre on Track in Kayalami bygewoon om geld in te samel vir die befondsing van tersiêre studies vir minderbevoorregte jongmense.

FlipBVerklein

Eiendomsreg en die markekonomie moet verkoop word

Posted on in Mediaverklarings

Dit is duidelik dat eiendomsreg in die spervuur is, ondanks die feit dat die Grondwet dit beskerm en dat dit oor en oor bewys is dat geen moderne ekonomie daarsonder moontlik is nie. Hierdie waarheid het verlede week weer duidelik na vore gekom tydens die beraad oor eiendomsreg van die FW de Klerk Stigting in Johannesburg.

media

Onteieningswet ’n aanval op eiendomsreg – Credit Suisse

Posted on in Mediaverklarings

Nie net AfriSake is bekommerd oor die toekoms van eiendomsreg in Suid-Afrika nie. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, beskou plaaslike én internasionale sakeorganisasies die groeiende onsekerheid insake eiendomsreg as faktore wat beleggingsrisiko’s verhoog.