Kieslys
afrisake3
afrisake3

Volgende gebeurtenis

AfriSake bied arbeidsregadviesopleiding by die Apollo Hotel in Randburg aan.
Dié kursus is op die boeke A practical guide to disciplinary hearings en Investigating misconduct and incapacity van die outeur Michael Opperman gebaseer; hy tree ook as aanbieder van die opleiding op. Die boeke word deur Juta Law uitgegee en is die enigste in hul soort wat tans beskikbaar is en uitsluitlik op die aspekte van dissiplinêre verhore fokus. Die kursus is ontwerp om kursusgangers in staat te stel om dissiplinêreverhoorstappe met al die nodige komponente in te stel.

Die kursus word intiem gehou met ’n maksimum van 20 mense per kursus om individuele aandag en bystand aan elke kursusganger te verseker. Hoewel die kursus in Engels aangebied word, sal die aanbieder enige afdeling van die kursus in Afrikaans kan verduidelik.

Die kursus behels die volgende:

– Hoe om ’n suksesvolle dissiplinêre verhoor te hou
– Substantiewe billikheid
– Prosedurele billikheid
– Faktore in ’n aanklag vereis
– Progressiewe dissipline.

Kostes:

Die prys van die kursus beloop R500 vir AfriSake-lede en R1 200 vir nie-lede.

Die volgende word by die prys ingesluit:

– ’n Omvattende handleiding
– Een dag van praktiese opleiding
– ’n Sertifikaat in arbeidsregopleiding
– Veilige parkering
– Hoëspoedinternet
– Middagete
– Tee, koffie en verversings.

Hoe om te registreer:

1) Stuur ’n e-pos na arbeidsreg@afrisake.co.za waarin jou kontakbesonderhede en maatskappynaam gemeld word.
2) Ons sal jou kontak en met die registrasieproses begin.