photo

James Aguma, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), het tydens ’n parlementêre portefeuljekomiteevergadering oor kommunikasie die voorstel aan die parlement gemaak dat jou foon, tablet en rekenaar met ’n lisensiefooi soortgelyk aan ’n televisielisensie belas word. AfriSake is van mening dat hierdie voorstel ten sterkste afgeweer moet word.

 

AfriSake sal die situasie dophou en teenkanting bied as dié voorstel verder gevoer sou word. Die finansiële penarie waarin die SAUK homself bevind, is nie die publiek se skuld nie. Die staat en sy mislukte instellings kan nie weer die Suid-Afrikaanse gemeenskap verantwoordelik hou vir swak bestuur en ontoereikende beleide nie.